Outsurance Conversion
Outsurance |
Insurance | ||
| BRANCH / AREA | Call centre | COUNTRY | South Africa |
| TIME / DATE | 13:11 Tue 29 Nov | PERSON RESPONSIBLE | Marius |
| CUSTOMER | Mau23 | View all reports by user |
|
| PROBLEM | Feedback / Response |
|
|
| INCIDENT | Tue 29 Nov | ||
| HEADLINE | Swakste Service Delivery ooit!!! |
||
|
Swakste diens wat ek nog ooit ervaar het. Die eerste hiervan was dat hulle my persoonlike lewensversekering polis dokumente na n ander email adres toe email, sonder dat ek ooit enigsins my email adres verander het. En toe ek hulle bel, het hulle bevestig dat ek dit nooit verander het nie, en dat hulle sisteem dit gedoen het. Breach of Privacy as jy my vra....!!! Tweedens stuur hulle my vanoggend weer my polis dokumente, met die verassing dat my premie verhoog het, maar my polis is op n level premium - level outsured basis. Ek bel al van vanoggend af om die oorsaak te probeer uitsorteer, en word ure lank op hold gesit. Dan druk ek maar dood en bel weer. Niemand kan my antwoorde gee nie, en daar word feedback belowe, maar niemand kom terug na my toe nie... Dis regtig baie swak en hulle voel vere. Ek bel vanmiddag toe weer, aangesien niemand terugkom na my toe nie, sal ek maar agter hulle boude aanbel.., Die man, Marius het nou nog nie vir my n antwoord nie, en met hulle swak diens, se ek toe vir hom, ek kanselleer sommer my polis. Sy woorde "Fantasties, wanneer is u laaste dag van dekking?" Can you believe it... Sal OUTSURANCE regtig nie aanbeveel nie!!! |
|||
| SUPPLIER'S RESPONSE | Outsurance | Time and Date | 08:54:58 | Thu 1 Dec 11 |
|
Hello Mau23, Ons is baie jammer oor die ongerief wat jy ervaar het. Die dienslewering wat jy beskryf is beslis nie aanvaarbaar nie. Ons klientediensbestuurder, Graham Haas was reeds met jou in verbinding en die e-posadres gekorrigeer en die polisbewoording bespreek. Graham het jou ook van sy direkte kontaknommers voorsien en jou uitgenooi om hom enige tyd te kontak sou jy verdere navrae he. Groete Johnny |
|||
| CUSTOMER'S FEEDBACK | Mau23 | Time and Date | 05:54:11 | Fri 2 Dec 11 |
|
Quite Impressed:
Ek wil net graag Outsurance bedank, veral albei Johnny en Graham vir die manier waarop hulle hierdie probleem hanteer het. As elkeen van julle mense by Outsurance so gesteld is op goeie dienslewering soos julle twee, weet ek dat julle verseker die beste versekerings maatskappy is. Weereens baie dankie! |
|||
Relevant content (Last 5 Feedback / Response Problems)
|
|
|||
|
|
|||
|
|
|||
|
|
|||
|
|



