Hello

book peter | home

 Medihelp Compliment

SUPPLIER

Medihelp

INDUSTRY Medical Aid
BRANCH / AREA PRETORIA COUNTRY South Africa
TIME / DATE 08:55 Mon 15 Aug PERSON RESPONSIBLE WAYLIN TAITUS
CUSTOMER mjvr View all reports by user
NATURE

Going the Extra Mile

Post this report to your Facebook page
Post this report to your Twitter page
INCIDENT Mon 15 Aug
HEADLINE

BESTE DIENS OOIT

Ons is nuwe lede van Medihelp, en het heelwat vrae gehad van die begin van ons lidmaatskap, wat onbeantwoord gebly het (deur middel van ons makelaar wat ons eintlik moes gehelp het). Ons makelaar het my heeltyd verwys na die call centre toe van medihelp, en dus nie veel ekstra moeite gedoen om ons te help nie. By die call centre het ek met Waylin begin praat, en ek het al my vrae per epos aan hom gerig. Waylin het onmiddellik na my toe teruggekom, en my vrae deegliker as ooit vir my beantwoord. Hy het my ook geskakel en laat weet dat hy 'n gratis afspraak na ure sal maak om die opsie aan ons te verduidelik, indien ons steeds enige onsekerhede het. Waylin, ek wil regtig net sê dat as die hele Suid Afrika sulke mense soos jy in diens het, hierdie hele land 'n voorloper van diensverskaffing sal wees. Jy is 'n fantastiese mens, met soveel professionaliteit, en jou deeglikheid, en goeie verduideliking van die opsie, het ons lewe verander, en baie spanning van ons skouers afgehaal. 'n Mens is baie onseker as jy oorgaan na 'n nuwe medies, en ek moet werklik sê dat jy die ekstra myl vir ons geloop het. Jy verdien verseker 'n bonus! Groete! Martha Jansen van Rensburg
SUPPLIER'S RESPONSE Medihelp Time and Date 09:38:21 | Mon 15 Aug 11
Hello mjvr,

Baie dankie vir die wonderlike kompliment.

Ons sal gewis seker maak dat dit Waylin bereik.

Vriendelike groete

Medihelp Kliëntediens
CUSTOMER'S FEEDBACK mjvr Time and Date 15:06:12 | Wed 17 Aug 11
Over the Moon: Waylin, jy is en bly die beste! Dankie vir al jou hulp! :)
Martha

Relevant content (Last 5 Compliments)

Afrihost
Copyright 2010 Hellopeter.com. All rights reserved.  Proudly hosted by Afrihost.com - Personal Web Hosting & Domain Registration