Medihelp Complaint
Medihelp |
Medical Aid | ||
| BRANCH / AREA | PPN | COUNTRY | South Africa |
| TIME / DATE | 21:46 Sun 29 Jan | PERSON RESPONSIBLE | |
| CUSTOMER | elmanabroden | View all reports by user |
|
| PROBLEM | Billing / Accounts |
|
|
| INCIDENT | Sun 29 Jan | ||
| HEADLINE | Eis van 2 bril lense |
||
|
Beide my man se bril lense is vervang (slegs die "single vision" lense) waarvan slegs R790 betaal is. My voordeel by Medihelp is die volgende (soos van die webblad afgelaai): Dimension Prime 3 Each beneficiary is entitled to the following benefits within a two year benefit cycle Negotiated PPN Tariff 1 One Composite Examination And Either One pair of either clear Single Vision or clear Aquity Bifocal lenses PPN Frame OR Frame and add on benefit: R 550.00 Geen raam is geeis nie, slegs die "single vision" lense. Daar is slegs R790 van die eis betaal. Dit is totaal onaanvaarbaar aangesien ek hierdie voordeel tot my beskikking het! Medihelp se dienste is baie swak! Mens kan nie kla van die diens, want daar is geen diens! Ek self dra geen bril en maak nooit gebruik van die voordeel nie! Ter selfde tyd wil ek kla ivm my chronies/pmb toestand wat al 23/01/2012 ingedien is en nogsteeds nie goedgekeur is nie! Dit is totaal onaanvaarbaar aangesien dit alreeds meer as 5 werksdae is! Mev E Broden |
|||
| SUPPLIER'S RESPONSE | Medihelp | Time and Date | 09:07:10 | Mon 30 Jan 12 |
|
Hello elmanabroden, U navraag word na Medihelp se Klientediens afdeling verwys vir ondersoek. 'n Medihelp konsultant sal met u telefonies in verbinding tree om u navraag te beantwoord. Vriendelike groete Medihelp Klientesorg |
|||
| UPDATED RESPONSE | Medihelp | Time and Date | 11:43:03 | Mon 30 Jan 12 |
|
Hello elmanabroden, Soos telefonies bespreek op 30 Januarie 2012, maak Medihelp gebruik van 'n geakkrediteerde gesondheidsorgbestuursinstansie, naamlik PPN, om sy oogkundige voordele te bestuur. Die PPN netwerk van diensverskaffers, wat ook beskikbaar is op PPN se webtuiste by www.ppn.co.za, is verantwoordelik om dienste te lewer aan lede van Medihelp ingevolge die gekontrakteerde tarief. Dr Liebenberg vorm nie deel van die PPN-netwerk nie en is daarom nie verplig om die gekontrakteerde tarief te hef nie. PPN het dus u rekening verwerk ingevolge die Reels van Medihelp en die ooreenkoms tussen PPN en Medihelp. U is dus verantwoordelik vir die verskil tussen die bedrag gehef deur Dr Liebenberg en PPN se voordeletoekenning. Ten einde te verhoed dat u in die toekoms verantwoordelik gehou word enige bybetaling, word u versoek om gebruik te maak van 'n diensverskaffer op die PPN-netwerk. Vriendelike groete Medihelp Klientesorg |
|||
Relevant content (Last 5 Billing / Accounts Problems)
|
|
|||
|
|
|||
|
|
|||
|
|
|||
|
|


